| |||||||
Gestig | 1978 | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Laaste vlug | 11 Februarie 2021 | ||||||
Hoofspille | Windhoek-Hosea Kutako Internasionale Lughawe | ||||||
Sekondêre spille | Windhoek Eros-lughawe | ||||||
Lojaliteitsprogram | Reward$ | ||||||
Vlootgrootte | 10 | ||||||
Bestemmings | 18 | ||||||
Houermaatskappy | Regering van Namibië (100%) | ||||||
Hoofkantoor | Windhoek, Namibië | ||||||
Sleutelpersone | Theo Mberirua (wnd. HUB)[1] | ||||||
Werknemers | 600 (Februarie 2021)[2] | ||||||
Webwerf | airports |
Air Namibia was die vlagdraer en nasionale lugredery van Namibië. Dit is in 1947 gestig as "South West Air Transport" (SWAT) deur die Suid-Afrikaanse regering, wat namens die VN na die Tweede Wêreldoorlog 'n mandaat oor Namibië (Suidwes-Afrika) verkry het. In 1959 is die naam verander na Suidwes Lugdiens na 'n samesmelting met Oryx Aviation. Ná Namibië se onafhanklikwording in 1990 is die redery herdoop na Namib Air. Ná nog 'n herorganisasie in 1991 en die verkryging van 40% deur SA Airlink is die huidige naam Air Namibia in gebruik geneem.
Die lugredery het in April 2017 by die Amerikaanse Departement van Vervoer toestemming verkry om na die Verenigde State te vlieg. In Maart het die lugredery 'n hersertifiseringsaansoek deur die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie voltooi ('n ouditproses wat in 2013 begin is), wat die lugredery in staat gestel het om na enige EU-lidstaat te vlieg.[3]
<ref>
tag; no text was provided for refs named aerotelegraph.com